Vrywaring

www.Dobbel.co.za Webblad Vrywaring

Voordat spelers aansluit and dobbel by enige aanlyn kasino, lees asseblief die onderstaande sorgvuldig deur. Dit is die speler se verantwoordelikheid om te verseker dat aanlyn dobbel wettig is in die land van waar gedobbel word.

  1. Aanlyn Dobbel - Hierdie webblad is vir aanlyn kasinos en algemene dobbel inligting doeleindes. Spelers kan nie dobbel op hierdie webblad nie.

  2. Inligting - Alhoewel die webblad (dobbel.co.za) alle pogins moontlik aanwend om die inligting op die webblad so opdatum te hou as moontlik, gebeur dit wel dat van die aanlyn kasinos hul bonusse, promosies sowel as hul bepalings en voorwaardes van tyd tot tyd kan verander. Die aanlyn kasinos sal nie gebind wees deur enige verouderde advertensie of promosie nie. Die webblad kan nie verantwoordelik gehou word vir enige verouderde inligting met betrekking to enige aanlyn kasino nie. Dit is die speler se verantwoordelikheid om homself/haarself te vereenselwig met die huidige voorwaardes en bepalings op die aanlyn kasino se webblad.

  3. Wettiglikheid - Dobbel mag dalk onwettig wees in sekere regsgebiede of lande. Aangesien ons nie met sekerheid die webblad besoeker se regsgebied en land kan bepaal nie, raai ons elke webblad besoeker aan om seker te maak van die wettiglikheid van aanlyn dobbel in hul regsgebied en land. Ons het geen beheer in terme van die registrasie, land van herkoms of oor enige persoon/persone wat deelneem aan enige aanlyn/interaktiewe dobbel spel nie.

  4. Aanlyn Dobbel in Suid Afrika - Alhoewel die proses om aanlyn/interaktiewe dobbel in die Republiek van Suid Afrika wettig te maak aan die gang is - is dit huidiglik nog onwettig binne die grense van die Republiek. Alhoewel aanlyn/interaktiewe kasinos geadverteeer word wat dobbel in die Rand valuta aanbied, is dit uitdruklik vir spelers in buurlande wat ook die Rand valuta benut. Verder, volgens die Valuta Beheer Regulasies, is dit onwettig vir Suid Afrikaanse inwoners om deel te neem in enige buitelandse loterye of dobbel organisasies.

  5. Suid Afrikaanse Rand Valuta - Die advertering van die Suid Afrikaanse Rand eenheid (ZAR) op die webblad is slegs vir die lande wat met die Rand valuta gebruik of in handeldryf. Die Rand geld eenheid mag nie gebruik word, deur enige persone wat in die Republiek van Suid Afrika woonagtig is, om deel te neem aan enige aanlyn/interaktiewe dobbel aktiwiteite nie.

  6. Suid Afrikaanse Gratis Speel Registrasie - Suid Afrikaanse spelers kan slegs registreer om gratis te speel vir vermaaklikheids doeleindes, geen monetêre depositos mag gemaak word nie. Om gratis te speel, mag daar verwag word van die speler om die kasino sagteware van die kasino se webblad af te laai en te installeer, asook om die registrasie proses to voltooi by die kasino.

    Die media rapporteer ook dat die nuwe voorgestelde wetgewing om aanlyn dobbel te reguleer in die Republiek van Suid Afrika, binnekort aan die staatspresident voorgelê gaan word om op die wetsboeke geplaas te word. Sodra dit gebeur, sal aanlyn dobbel wettig en gereguleer in die Republiek van Suid Afrika wees!

    Huidiglik, volgens die Nationale Dobbel Raad van Suid Afrika se kennisgewing nommer 002/2007 (gedateer 16 April 2007), is die enigste wettige vorms van dobbel in die grense van die Republiek die volgende:

    1. Om te dobbel/weddenskappe te plaas by gelisensieerde operateurs
    2. Aanlyn dobbel/weddenskappe te plaas by gelisensieerde operateurs
    3. Bingo te speel wat aangebied word deur gelisensieerde operateurs binne die grense van die Republiek
    4. Land gebaseerde dobbelhuise wat gelisensieerd is binne die grense van die Republiek
    5. Beperkte uitbetaal masjiene wat besttur word deur gelisensieerde operateurs
  7. Ouderdom - Dit is onwettig vir persone onder die ouderdom van 18 om aan enige dobbel/weddenskappe deel te neem

  8. Speler Identifikasie - Die webblad, www.dobbel.co.za, in lyn met die privaatheids beleid asook voorwaardes en bepalings van die aanlyn kasinos, het nie toegang tot enige speler rekenings, of speler identifiserende inligting nie. Die inligting is konfidensieel en word slegs deur die kasino bewaar.

  9. Dobbel Probleem - Daar is verkeie tekens van 'n dobbel probleem. Een van die grootste tekens is dat 'n speler meer verloor as wat hul kan bekostig om te verloor. Aanlyn kasinos kan help deur die speler se rekening to blok (spelers kan die aanlyn kasino versoek om dit vir hul te doen). As 'n speler voel dat hul dalk 'n dobbel probleem het, kan die volgende organisasies hulp verskaf:

  10. Aanspreeklikheid - Ons het alle hulpmiddels tot ons beskikking gebruik om slegs aanlyn kasinos te lys wat die vermoë het om hul verpligtinge na te kom. Dit gesê, ons het geen toegang tot hul finansieële status nie en kan nie verantwoordelik gehou word vir hul handelinge nie.

  11. Arbitrasie - Ons is geheel en al onafhanklik van enige aanlyn kasinos, het ook geen aandele of mede-eienaarskap van enige aanlyn kasinos nie. As daar dalk enige probleme voorkom in die verhandelinge met enige aanlyn kasino wat geadverteer word op die webblad, sal ons, tot die beste van ons vermoeë, probeer help om die dispuut op te klaar.

  12. Kasino Reels en Regulasies - Neem kennis dat aanlyn kasinos ook reels en regulasies (assok bepalings en voorwaardes) het wat nagekom moet word deur die spelers. Dit is die speler se verantwoordelikheid om homslef/haarself te vereenselwig met die reels, regulasies, bepalings en voorwaardes van die kasino voordat daar besluit word om daar te speel/dobbel.

  13. Welkom Bonusse - Meeste van die aanlyn kasinos bied spelers verskeie welkom bonusse in verskeie formate. Meeste van die welkom bonusse het, wat hul noem "Play Through Requirements" (Deur Speel Voorwaardes), wat aan voldoen moet word voordat enige gelde uit die kasino rekekning onttrek mag word. Die voorwaardes wissel van kasino tot kasino, en dus raai ons spelers aan om hulself te vereenselwig met dié voorwaardes voordat hul by die kasino speel en van die welkom bonus offer gebruik maak.

X

Neem Kennis

Hierdie webblad is ontwerp vir Internet Explorer weergawe 9 of hoër! Sekere elemente sal nie reg vertoon nie!

Opgradeer nou:

9